Britte begin revolusionêre kanker toetse

Die Galleri Bloedtoets is so gevorderd dat dit vooruit kan bepaal of iemand kanker het, lank voordat daar enige simptome waarneembaar is.

Gesondheid deskundiges hoop nou op ʼn “algehele verandering” in vroee kanker voorkoming, en derduisende mense gaan glo aan die toetse deelneem.

Die Galleri Bloedtoets is die eerste van sy soort in die wêreld, en die Verenigde Koninkryk se staat-projek van die Nasionale Gesondheidsdiens is gereed om te begin met die toetse van die deelnemer.

Die Gelleri toets inspekteer die DNA in die bloed om te bepaal of enige van sy dele kom van kankerselle.

 Deelnemers aan toetse sal hulle bloed monsters laat neem by mobiele toets klinieke en ander plekke regoor die land. Die mikpunt is om 140,000 vrywilligers te kry regoor Engeland om toetse te ondergaan.

Die hoof van die span, Amanda Pritchard, sê die vinnige en eenvoudige bloedtoets kan ʼn totale revolusie in die behandeling van kanker teweegbring.

Die nuwe metode is deur ʼn Amerikaanse biotegnologie maatskappy, Grail Inc., ontwikkel en word beskou as een van die grootste deurbrake wat die afgelope eeu op die medise terrein gemaak is.