Brittanje: Weermag vir brandstof aflewering

Die regering van die Verenigde Koninkryk het ʼn tydelike oplossing gevind om die brandstof krisis aan te spreek deur gebruik te maak van soldate wat beskik oor swaarvoertuig lisensies.

Die krisis het ontstaan weens die ernstige tekort aan bestuurders van die brandstof afleweringsvoertuie, wat veroorsaak het dat meer as 5,500 vulstasies binne ure leeggeloop het van petrol en diesel.

Die soldate is ook op bystand geplaas om te help wanneer die vulstasies nie vinnig genoeg gehelp word nie, en die toestand kan nog maande lank aanhou.

Die vragmotorbestuurders wat voor Brexit in werking gekom het, in Europa werksaam was vir sekere tye, het nadat Brexit amptelik toegepas is, nie teruggekeer na Brittanje soos voorheen nie, wat die tekort aan mense veroorsaak het.

Die weermag soldate wat bevoeg is om die weermag se oorlog tenks te bestuur, is ook ingespan, en vorm deel van die bystand bestuurders.