Britse vulstasies sonder brandstof

Duisende brandstof vulstasies in Brittanje sit sonder brandstof nadat aangekondig is dat die aflewering van brandstof vertraag word weens ʼn erge tekort aan vragmotor bestuurders.

Met die aankondiging het motoriste hulle gehaas na vulstasies om betyds brandstof te bekom, wat gevolglik veroorsaak het dat vulstasies gedurende die naweek leeg getap is.

Daar is voldoende brandstof voorraad by die oliemaatskappye, maar die groot tekort aan vragmotor bestuurders veroorsaak dat lewering veel stadiger is.

Nagenoeg 5,500 onafhanklike brandstof vulstasies wat 65% van die totale aantal vulstasies is, word direk geraak deur die krisis.

In sekere streke van die land is tot 90% van die vulstasies sonder brandstof, en as die brandstof leweransiers nie gou ʼn oplossing kry, kan dit ʼn enorme ekonomiese terugslag word.

Die probleem het nou ontstaan nadat die regering die grendel maatreëls versag het en voertuie meer geredelik op die paaie verskyn het.