Brasilië: Massa optog van president lojaliste

Brasilië het voorbereidings getref om op Onafhanklikheidsdag hulle steun aan president Jair Bolsonaro te toon in tientalle groot optogte.

Die konserwatiewe president moes die afgelope maand telkens sien hoe ontevrede kiesers betoog teen sy beslissings, maar Dinsdag is hy ryklik vereer deur veel groter ondersteunings wat regoor die land in optogte en byeenkomste gesien is.

Veiligheidsmagte het oral hulle teenwoordigheid getoon by die goed gedissiplineerde optogte en byeenkomste van nasionalisties gesinde mense wat hulle vereenselwig met die president en sy beleid.

Die linkse pers het vooraf probeer gewag maak “van die oproer wat regses sou beplan”, waarvan daar dadels gekom het.