Brandstof prys kan daal

Alhoewel daar nog byna twee weke oor is, word geprojekteer dat die brandstof ietwat goedkoper kan word in die begin van Oktober.

Die daling sal egter nie veel doen om die beursie van motoriste vol banknote te hou nie, bygesê as die Rand sy krag behou, en die olieprys nie weer onverwags die hoogte inskiet nie.

Die AA waarsku dat ʼn styging in die olie prys en ʼn verswakking van die Rand teen ander geldeenhede kan lei tot ʼn styging in die prys.

  • Petrol 95: Kan verminder met 18 sent per liter;
  • Petrol 93: kan verminder met 21 sent per liter;
  • Diesel 0.05%: kan verminder met 9 sent per liter;
  • Diesel 0.005%: kan verminder met 9 sent per liter;

Huishoudelike Paraffien: kan daal met 1 sent per liter.