Boere van Indië blokkeer roetes

Die landbou unie van Indiese boere het ʼn reuse protes optog begin om druk uit te oefen op die regering om sy voorgenome kontroversiële hervormings te laat vaar.

Die protes wat nou reeds sowat 10 maande lank duur, en deur verskeie opposisie partye ondersteun word, het nuwe hoogtes bereik met die jongste optogte.

Die verset wat nou landswyd uitkring word georganiseer deur die sambreel organisasie wat meer as 40 landbou unies huisves.

 Dit is nou 12 maande later nadat die regering sekere hervormings voorgestel het, wat landbouers verwerp omdat hulle glo die hervormings bedreig hulle voortbestaan as boere.

Die nuwe protes optog met trekkers, stropers, vragmotors en ander landbou toerusting is georganiseer om vir minstens 10 uur lank te duur, wat hoofpaaie, spoornetwerk en lughawens so blokkeer dat die land in groot gebiede tot stilstand gekom het.