BioNTech entstof veilig vir kinders

Die grootste aantal Westerse lande het nog nie begin om jong kinders te immuniseer teen die koronavirus nie, en die farmaseutiese maatskappy BioNTech en Pfizer sê dat hulle gesamentlike entstof veilig en hoogs doeltreffend is vir kinders in die ouderdomsgroep van 5 tot 11 jaar.

In sy verklaring sê die vervaardiger dat sy entstof effektief, veilig en sonder noemenswaardige nagevolge aangewend kan word in die jong kinders.

Die twee maatskappye sal nou sy toets resultate aan die reguleerders van die Europese Unie, die VSA, en ander lande van die wêreld stuur in die nabye toekoms.

Die kinders wat aan die toets deelgeneem het, is met twee dosisse van 10 mikrogram geënt wat 21 dae uitmekaar toegedien is, terwyl ouer groepe twee dosisse van 30 mikrogram toegedien word.

Die vervaardiger sê die kleiner dosis het die voordeel dat die nagevolge wat mag ontstaan, veel ligter is en maklik oorkom word.