Biden vra samewerking oor klimaat

Die president van Amerika, Joe Biden, het ʼn beroep gedoen op moondhede tot groter samewerking op die gebied van klimaat verandering, wêreld konflik en die koronavirus pandemie.

Biden sê die wêreld vereis nou ʼn duidelike en dringende keuse wat uitgevoer moet word, en daarom vra hy groter internasionale samewerking op die gebied.

Die president het tydens sy rede gelewer in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York met die opening van die verrigtinge, en gewaarsku dat die wêreld afstuur op ʼn ernstige krisis.

Hy het die nasies van die wêreld gevra om die nodige stappe te neem om te voorkom dat ʼn volgende pandemie op almal afstuur/

Die Algemene Vergadering van die VN sal benewens die klimaat verandering as onderwerp, ook ernstig besin oor die koronavirus pandemie met al sy variante, sowel as die onderlinge konflik tussen lande.