Beurtkrag kom vir selfone

Dit lyk of dit veral sakeondernemings is wat bekommerd moet raak oor die nuwe bedreiging wat die selfoon gebruikers kan raak as die bandwydte ingekort word vir die wat verbind is aan selfoon netwerke.

Ingeligte bronne beweer dat die bandwydte inperking, wat beskryf word as die beurtkrag vir selfone en slimfone, binne die volgende paar maande op Suid-Afrikaners wag as daar nie betyds nuwe programme uitgewerk word nie.

Te midde van ernstige waarskuwings oor die beskadiging van die ekonomie en die stryd teen die virus pandemie, is die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid (OKOSA) besig om druk toe te pas met hulle plan om toegang tot die nood spektrum van bandwydte te beëindig aan die einde van November vanjaar. In April verlede jaar het OKOSA die nood spektrum vrygesstel om die land toe te laat dat mobiele operateurs die styging in aanvraag na breëband dienste te voorsien. Dit was ook as gevolg van die grendeltyd nodig aangesien breëband sterk in aanvraag gekom het.

Die bedoeling daarmee was ook om die gehalte diens op goeie standaard te hou, maar nou is berigte ontvang dat operateurs kennis gekry het dat daar vanaf September vanjaar nie meer nood spektrum voorsien sal word nie.

Die nood spektrum het ook bygedra tot die goedkoper tariewe wat geld, maar dit gaan waarskynlik ook verander, terwyl breëband spektrum nie vrylik beskikbaar gaan wees nie.

Deskundiges reken dit gaan hard neerkom op gebruikers, veral sakeondernemings wat nou moeilike keuses sal moet maak om die kommunikasie in goeie stand te hou. Die verwagting is dat dit kan lei tot ʼn tipiese beurtkrag stelsel wat uiter nadelig vir die ekonomie sal wees.