Berlyn kry eerste vroue burgemeester

Met 21.4% van die stemme op haar verenig, het die Sosiaal Demokrate Party se Franziska Giffey haar grootste teenstander van die Groen Party, Bettina Jarasch wat 18.9% gekry het, die loef afgesteek.

Giffey het met haar oorwinning, die eerste vroulike burgemeester van Berlyn geword, en word beskou as ʼn besondere deurbraak nadat die Sosiaal Demokrate ook die landswye verkiesing gewen het.

Senior lede van die Sosiaal Demokrate sê die party het merkwaardige prestasies behaal in die afgelope paar dae, en die Duitse hoofstad voel geëerd om ʼn vroulike burgemeester te kry/

Die gematigde linkse Sosialiste (SDP) het ook in ander stede goed presteer maar beskou die oorwinning in Berlyn as van groot betekenis.

Om te kan regeer, sal Giffey nou in onderhandelings moet gaan met ander partye om ook op plaaslike vlak, ʼn koalisie regering saam te stel.