Belarus vryheid stryder wen gesogte prys

Die jaarlikse toekenning van ʼn gesogte prys van die Menseregte Organisasie, is aan Belarus se groot vryheid stryder, Maria Kolesnikova toegesê.

Maria is deur die diktator van die land, in hegtenis geneem en verkeer tans in aanhouding, en moes haar suster die seremonie namens haar bywoon om die prys in ontvangs te neem in Strasbourg.

Die Vaclav Havel Prys is aan Maria toegeken vir haar vreeslose optrede om die demokrasie weer herstel te kry in Belarus, en die Menseregte Prys is toegeken vir haar vreeslose optrede teen die regering toe sy ʼn protes optog gelei het na die parlement.

Sy is vir haar verset optrede 11 jaar agter tralies, en die pro-demokrate in die land sê hulle sal voortgaan met verset tot die demokrasie herstel is.