Belarus koop Russiese wapentuig

Die staat se media in Belarus berig dat die omstrede diktator, president Alexander Lukashenko, sy oë nou gerig hou op Rusland om miljoene dollar se militêre wapentuig aan te koop.

Die president het glo besoek gebring in Rusland waar die gesamentlike oefeninge deur die twee lande se militariste gehou word.

Militêre deskundiges reken Belarus wil ook die Russiese S-400 missiel stelsel aanskaf, aangesien hy van plan is om sowat $1 miljard se aankope by die Russe te doen.

Die verarmde land sal egter die aankope geleidelik doen om die wapens te kry, en sal in 2025 eers alles bekom.

Later het die president aan die media gesê die gesamentlike troepemag van Belarus en Rusland sal vir geen moondheid stuit nie.