Australië in alliansie, Sjina ontevrede

Premier Morrison

Die Australiese Eerste Minister, Scott Morrison, se besluit om deel te wees van die drie-lande alliansie om die Stille Oseaan gebied te beveilig het die kommunistiese regering van Sjina erg ontevrede gemaak.

Morrison sê sy land wil die wet en orde in stand hou in die seegebied, en het gereageer op die woedende reaksie van Beijing oor die alliansie van Engeland, Amerika en Australi3 wat die streek wil beveilig.

Die optrede van Australië het ook by die land se inwoners kommer gewek aangesien hulle beskou is as handelsvennote. Sjina is die land wat die grootste leweransier van goedere is, wat kan skipbreuk ly met die spanning wat verder verhoog.

Met Australië se grootste invoer verskaffer se woede, kan die verhouding as handelsvennote ernstig geskaad word, het ekonome opgemerk nadat Sjina aggressief gereageer het op die aankondiging.

  Onbevestigde berigte lui dat Premier Morrison ook in sy aankondiging van die AUKUS vennootskap, die indruk gelaat het dat hy deels sy handel gaan verskuif na die VSA en Engeland, ten koste van Sjina.