ANC verloor stryd teen korrupsie

Die Ontleders wat fokus op die korrupsie in Suid-Afrika sê die korrupsie het in die afgelope eerste helfte van 2021 ongehinderd voortgeduur.

Die Korrupsie Waghond wys daarop dat tot hede is 1,964 fluitjies geblaas van gevalle waar korrupsie vermoed word in die openbare en privaat sektor.

Terwyl politici vertel van enkele gevalle wat ondersoek word, vertel gewone burgerlikes van die honderde gevalle waar niemand werklik ondersoek oorweeg nie.

Meningsvormers sê die land word nog steeds deur korrupte mense in veral staatsentiteite besteel, en bly korrupsie die faktor wat deur baie mense toegepas word om hulleself te verryk.

Met die verkiesing voor hande, word die korrupsie waarskynlik eenkant gelaat sodat goeie beloftes aan duisende kiesers gemaak kan word, sê ʼn politieke waarnemer van Pretoria.