ANC tweespalt lei tot howe

Na die afdanking en skorsing van ANC lede uit die party, het die verdeeldheid toegeneem, en word daar nou geluide gehoor van wraak.

Een so ʼn geval is die blanke man, Carl Niehaus wat die party in die hof gaan dwing, en is glo nie die enigste geskorste lid wat wraak wil neem nie.

Die mense wat nou teen die party wil optree, sê hulle gaan vervolging instel omdat die party in gebreke gebly het om hulle te betaal.

In sy gesprek met die media, sê Niehaus dat klagtes wat teen die party ingestel word, ondermeer diefstal, bedrog, korrupsie en ander statutere misdade gelê word teen vyf van die ses seniors in die ANC.

Arbeid deskundiges het glo aanbeveel dat die ontslag van die MK Veterane se woordvoerder, Carl Niehaus, was nie net sonder die korrekte procedure nie, maar ook onbillik en onwettig.

Hy sê hy is afgedank sonder ʼn dissiplinêre verhoor wat verlede week moes gehou word, maar nie plaasgevind het nie.