ANC spreker praat snert

ANC Hoofkantoor

In ʼn poging om stemme te werf vir die deurmekaar en bankrot ANC, het die party se woordvoerder by Luthuli Huis bewerings gemaak wat politici warm gemaak het en skerp gereageer het.

Pule Mabe het glo gesê dat dit slegs die ANC is wat oor die vermoë beskik om bevryding te bring vir die mense van Suid-Afrika.

Politieke kommentators sê die ANC kan nie die aanspraak maak nie want hulle het reeds 25 jaar lank kans gehad, en kon die sogenaamde “bevryding” nie vir die mense gee nie.

Mabe het ook gesê die regerende party was ook baie opgewonde oor die aankondiging van die 2021 plaaslike regerings verkiesings wat op 1 November gehou word.

Politici sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het ʼn reddingsboei uitgegooi na die ANC wat andersins ʼn totale ineenstorting sou gehad het omdat hulle nagelaat het om hulle kandidate betyds te registreer.

Die OVK se besluit om die registrasie van kandidate weer toe te laat, het die ANC gehelp om sowat 93 kandidate op die registrasie lys te kry by die Kommissie, maar intussen wag daar vir die hofsaak wat aangegaan is om die besluit van die OVK om te keer.