ANC se gejaag na mag

Die ANC se werklike kleure word weereens vertoon met sy gejaag na die behou van politieke mag, ongeag wat van sy personeel gaan word.

Dit is die mening van ʼn ekonoom en finansiële deskundige na aanleiding van berigte dat die regerende party soveel as R50 miljoen spandeer in sy verkiesingsveldtog.

Die man aan die voorpunt van die verkiesing, Minister Fikile Mbalula, sê die party mik daarna om sowat R50 miljoen te spandeer in die verkiesingsveldtog vir vanjaar se munisipale verkiesings.

Hy sê die ANC het begroot om nie meer as die bedrag te spandeer vir die veldtog nie, maar het geen woord gerep oor die feit dat personeel wat werksaam is in diens van die regerende party, enigsins kan verwag om einde September salaris te ontvang.

Die vraag hang onbeantwoord in die lug oor wat die Ontvanger van Inkomste daarvan dink dat R60 miljoen aangewend word om verkiesing t hou, maar die belasting van R100 miljoen word nie betaal nie.