ANC regering stuur na nuwe krisis

Te midde van ernstige waarskuwings om nie roekelose projekte aan te pak nie, het die regering reeds in die week vergader om die moontlike metodes te bespreek wat die land se ekonomiese herstel kan bespoedig.

Een van die moontlikhede is glo om oorweging te gee aan die groot gevaar om voorsiening te maak vir verdere “skenkings” wat ondermeer ook die minimum loon aan almal in die land sal beteken.

Die sosialistiese benadering om sogenaamde “welvaart gratifikasie” toe te pas in die land wat nie sy skuldlas gou gaan afskud nie, en dit is te gevaarlik, sê ekonome en ander finansiële deskundiges.

Die ANC regering het in beginsel ingestem tot die beginsel van die noodsaaklikheid vir die vestiging van ʼn basiese inkomste, en die regering oorweeg ook die mees volhoubare manier om dit te implementeer.

Die Minister van Finansies, Enoch Godongwa het die ANC gewaarsku dat die regering beperkte begrotings het en nie spasie oor het vir sulke uitgawes nie.

Daarbenewens moet bereken word dat SA reeds gebuk gaan onder ʼn lang ry welsyn programme wat bykomende toelaes onbekostigbaar maak.