ANC ook hieraan skuldig

Die ANC se lys van negatiewe gebeure in sy geledere, word al langer met die byvoeging van die wetlike oortredings waaraan hy hom skuldig maak.

Die regerende party is een van drie politieke partye wat donasies ontvang wat groot genoeg is om volgens wet, verklaar te word.

Die ANC, DA en ASA is die enigste van die sowat 50 partye wat geregistreer is by die Verkiesingskommissie van SA wat bedrae moes verklaar wat as donasies ontvang is.

Die ANC het die wet oortree deur nie aan die bepalings van die wet gehoor te gee nie.

Die DA het sy donasie van R15 miljoen verklaar wat deursigtig is en aan die wet voldoen, maar die ANC het in gebreke gebly.

Alle skenkings van goedere en geld wat R100,000 oorskry moet bekendgemaak word, en dit het die ANC nagelaat.

Waarnemers sê die aangeleentheid word nou goed gevolg om vas te stel of die regeringsparty vervolg en beboet gaan word vir die oortreding van ʼn wet wat hyself gemaak het.