ANC in donkerste verkiesing ooit

Die ANC en regerende politieke party nader sy donkerste tyd sedert 1994 wat betref die komende munisipale verkiesings.

Sy finansiële sake is in chaotiese toestand met R200 miljoen se agterstallige skuld, waarvan die helfte aan die Belastinggaarder verskuldig is.

Sy verswakte infrastruktuur en groot getalle personeel wat nie betaal is in die afgelope maande nie, belemmer sy hele verkiesingsveldtog.

Sy klaarblyklike onvermoë om die binnekring konflik te besweer,, maak die verdeeldheid nog erger, en werk stremmend in op die werwing wat gedoen moet word onder die kiesers wat nou wantrouig is en nie meer oortuigde ondersteuners is nie.

Die onwettige optrede van die Verkiesingskommissie om die registrasie datum te verskuif en daarmee die ANC bevoordeel, laat bedenkinge oor watter rol vervul is om die OVK so te laat optree.

Die OVK sê hy het die datum vir registrasie van kandidate verskuif omdat die datum van die verkiesing geskuif is.

Politieke ontleders sê die komende verkiesing sal die belangrikste toets wees vir die ANC, en kan daartoe lei dat ander partye groot winste toon en selfs munisipale beheer oorneem wat tans nog ANC beheerde strukture is.