Al weer Nkandla bedrog?

Die voormalige ANC president wat tans op parool is, se Nkandla woonplek is weer in die nuus en word bewerings gemaak van nog bedrog wat raak aan die woonplek.

ʼn Forensiese ondersoek deur die Spesiale Ondersoek Eenheid (SOE) het aangedui dat konsultante wat gewerk het by die opgradering van die ANC se destydse president, Jacob Zuma, se Nkandla woonplek, met “vervalste sertifikate” hulle konsultasies verrig.

Die ondersoeker het glo getuig in die Pietermaritzburg Hooggeregshof oor Nkandla se argitek, ene Minenhle Makhanya.

Die getuie se naam word nog beskerm terwyl die verhoor voortduur wat in kamera plaasvind.

Die maatreël is ingestel om vertroulikheid te handhaaf oor inligting rakende Jacob Zuma se Nkandla woonplek.