Aktiviste dagvaar Duitse motorvervaardigers

Aktiviste het ʼn veldtog begin wat aanvanklik teen die regering van Duitsland was oor die besoedeling waaraan die regeerders nie genoeg aandag gegee het nie, en nadat hulle daarmee sukses behaal het, die veldtog verder begin voer teen voertuig vervaardigers.

Die aktiviste sê die regering het onder presteer om klimaat verandering se bestryding toe te pas, en nou wil hulle die motor vervaardigers hof toe sleep oor dieselfde aangeleentheid.

Die groep redeneer dat voertuig vervaardigers gebonde voel by die reël wat gegeld het dat dit die reg is van geslagte wat kom om die klimaat te beskerm.

Organisasies soos Greenpeace and Environmental Action Germany (DUH) sê hulle gaan Duitsland se voertuig vervaardigers hof toe dwing, en gaan ook die Olie maatskappye dagvaar.

Die maatskappye BMW, Mercedes Benz en Volkswagen, asook die oliemaatskappy Wintershall Dea gaan vervolg word.

Die groep aktiviste het sukses gehad in die hof teen die Duitse regering, en het nou glo voldoende skietgoed om die voertuigvervaardigers ook te dwing tot ʼn vervaardigings proses wat minder skadelik is vir die omgewing.