Afrika se Groot Groen Muur in aanbou

Een van die mees doelmatige besluite wat die Afrika Unie ooit geneem het, was toe die lidlande ʼn voorstel goedgekeur het om Afrika se nader kruipende woestyne teen te staan deur die aanplant van bome en struike.

Die projek, bekend as die Groot Groen Muur is wel al in 2007 goedgekeur, maar kry eers werklik beslag in 2019 toe die eerste bome aangeplant is.

Die doel is om die groeiende tendens van woestyn gebiede teen te werk, en daarvoor word duisende bome en struike aangeplant as ʼn muur regoor die kontinent, van Dakar in die weste tot in die oostelike gebied by Djibouti.

Die “woud muur” sal uiteindelik meer as 8,000 kilometer lank wees, en sal deur 11 Afrika lande strek. Benewens die miljoene bome wat aangeplant moet word, sal dit ook duisende werksgeleenthede bied.

Die prysenswaardige projek het egter een nadeel, want deur kritici uitgewys word: Die projek het tot stilstand gekom. Slegs enkele lande het met klein pogings probeer om die projek lewendig te hou, maar dit lyk of alles nou tot algehele stilstand kom.