Afghanistan: Biden breek sy beloftes

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het kort nadat die Taliban Kaboel ingeneem het, onderneem dat alle Amerikaanse burgers uit Afghanistan ontruim sal word voor die aanbreek van die sperdatum.

Enkele dae later het sy pogings misluk om die Taliban te oorreed om die sperdatum uit te stel tot in September, wat summier geweier is.

Daarna het Biden opdrag gegee dat militêre personeel en militêre vliegtuie gebruik word om die mense te ontruim uit die stedelike gebiede van Afghanistan.

Op 31 Augustus het die laaste vliegtuie vanaf die Kaboel lughawe opgestyg met hulle laaste klomp mense aan boord.

Intussen is verneem dat meer as 200 Amerikaanse burgers wat smag om die land te verlaat, nou vasgevang is in die land waar die rebelle sal regeer op ʼn ondemokratiese stelsel wat ook diskriminerend sal optree soos wat reeds ondervind is.

Senatore van beide die Republikeine en Demokrate in die VSA is uiters teleurgesteld oor die wyse waarop die president die onttrekking van soldate uitgevoer het sonder deeglike beplanning, en die feit dat baie Amerikaners nog gestrand sit in Afghanistan.

Biden word ernstig verkwalik omdat hy ook belowe het dat die VSA se soldate in Afghanistan sal bly tot die laaste Amerikaanse burgers ontruim is.