Afghaanse vroue verset teen Taliban

Terwyl vroulike werknemers in die hoofstad Kaboel aangesê is om tuis te bly, het baie besluit om dit nie te gehoorsaam nie, en met ʼn protes aksie teen die inperkings van die Taliban begin.

Die optrede van die vroue word as uiters dapper gesien deur omstanders wat gekant is teen die nuwe regering, maar die vroue protesteer ook teen die opdrag dat vroulike student anders behandel word, en talle studie rigtings  is nie vir hulle beskore is nie.

Met plakkate wat lui dat ʼn gemeenskap sonder vroue is ʼn dooie gemeenskap, het die vroue stil gestaan in die hoofstraat van Kaboel.

Intussen het Westerse lande en die Verenigde Nasies probeer druk plaas op die Taliban regering om vroue en kinders se humanitêre regte te eerbiedig en die land demokraties moet regeer.

Die vroue het ook voor die geboue van die vorige regering se Departement van Vroue Sake saamgekom. Die Taliban het egter die departement uit faseer en die baniere wat gebruik was verwyder en nuwe slagspreuke opgesit.