Ace verloor sy hofsaak

Die geskorste Sekretaris-Generaal van die bankrot ANC, Ace Magashule, het in die Hooggeregshof verskyn vir die saak wat hy gemaak het teen die party oor sy skorsing.

Die saak is uitgegooi in Julie vanjaar, en sy arrogante poging om man alleen te besluit dat die ANC president geskors moet word, het ook nie gewerk nie, want die hof het nie in sy guns beslis nie.

ʼn Vol bank regters van die Hooggeregshof het bevind dat geen ander hof tot ʼn ander besluit sal kom nie, en daarom is sy saak om te appelleer, van die hand gewys.

Sy bekommernisse is egter nie verby nie, want hy moet nog in die hof wees vir aanklag van bedrog oor sy moontlike aandeel in die R255 miljoen asbesdakke projek waartydens hy die Vrystaat se premier was.

Die saak is met koste verwerp.