Ace nie nodig vir sukses

Die ANC sê hy is seker daarvan dat die party goed sal doen in die komende munisipale verkiesing, ongeag die feit dat Ace Magashule nie deel van die span is nie.

Die Sekretaris-Generaal het na sy skorsing twee keer die hof genader om sy skorsing ongedaan gemaak te kry, maar was elke keer onsuksesvol.

Magashule het vroeër die week verloor in sy Appèl aansoek wat met koste van die hand gewys is in die Johannesburgse Hooggeregshof.

Kenners en politieke ontleders sê die ANC is polities gered van algehele ineenstorting met die OVK se guns om die registrasie datum van kandidate te heropen sodat meer as 90 ANC kandidate kans gaan kry om geregistreer te word.

Die mening is uitgespreek dat die regerende party waarskynlik swakker sal vaar, maar steeds as meerderheid regeer in die grootste aantal munisipaliteite.