Aardbewing skud Australiese stad

ʼn Aardbewing wat 6.0 op die Richterskaal geregistreer het, was die rede dat die Australiese stad Melbourne se inwoners paniekbevange in strate saamgedrom het.

Die skudding is deur die owerheid bestempel as die grootste aardbewing wat nog in Australië aangeteken is, en talle geboue in die land se tweede grootste stad is erg beskadig.

Naskokke is waargeneem in die aangrensende streke tot in gebiede sowat 200 kilometer weg van Melbourne.

Die sentrale punt van die skudding was tien kilometer diep en verskeie naskokke van soveel as 4.1 is op die Richterskaal gemeet.

Berigte het later verskyn van inwoners wat sê die elektrisiteit is afgesny en ander het beweer dat hulle water toevoer afgesny is.

Ure later het die owerheid in die stad Adelaide, wat 800 km verder weg is van Melbourne, gerapporteer dat die skok ook daar gevoel is.