Aanslag teen Sjina hervat

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sal die Eerste Ministers van Indië, Australië en Japan ontvang in die Wit Huis om ʼn eerste gesprek te voer oor Sjina se koronavirus en klimaat veranderings.

Die belangrikste aangeleentheid sal handel oor Sjina wat tans as opkomende super-moondheid besig is om met wapentuig en ruimte programme, ʼn wêreldleier te word.

Die vier lande se leiers sal indringend praat en besin oor die bedreiging wat Sjina inhou vir wêreldvrede, en die drie lande wat naby aan Sjina is, kan die bedreiging veel erger aanvoel.

Die samesprekings sal op 24 September gehou word, en die eerste byeenkoms van die vier lande, wat as ʼn eerste ooit sal plaasvind, word met groot belangstelling deur die res van die wêreld dopgehou.

Die Media Sekretaris in die Wit Huis, Jen Psaki, het in ʼn verklaring gesê die Biden-administrasie het die vier lande se byeenkom as prioriteit gestel, gesioen in die lig van die bedreiging waarvan kennis geneem moet word.