Zambië verkiesing nie twyfelagtig

Waarnemers uit Westerse lande is bekommerd dat President Edgar Lungu gebruik sal maak van gewelddadige voorvalle om hom te regverdig dat die verkiesing ongeldig is indien hy nie die oorwinnaar is nie.

Die president het die weermag beveel om in drie provinsies sigbaar op te tree waar die president die opposisie beskuldig daarvan dat hulle die verkiesing wil omkeer in ʼn oorlog. Dit volg nadat twee van die president se prominente figure gedurende die verkiesing vermoor is terwyl duisende kiesers na die stembusse beweeg het.

Waarnemers reken die twee partye se steun is byna eweveel, en die president is bekommerd dat hy nie die meerderheid stemme gaan trek nie.

In ʼn verklaring wat deur President Lungu uitgereik is op stemdag, word voorbrand gemaak dat die verkiesing “in dele van Weste en Suidelike provinsies affektief nie in minstens drie provinsies vry en regverdig was nie”.

Later is berig dat die opposisieparty die verkiesing oortuigend gewen het en waarnemers sê daar was geen noemenswaardige voorvalle wat die verkiesing as ongeldig beskou kan word nie.