Woude van Italië in vlamme

Brandbestryders in Italië worstel nou reeds dae lank teen die brande wat met hoë temperature, sterk winde en moeilike terreine gepaard gaan.

Die brandbestryders het reeds sewe mense verloor wat in die vlamme vasgekeer was, en met die rekord van hoë temperature het die nabygelee eiland Sicilië ook massiewe brande wat bestry moet word.

Die owerheid berig dat die eiland die swaarste getref is end at die groot brande buite beheer geraak het te midde van vliegtuie ten talle brandweer voertuie se pogings om die erge vlamme te blus.

Die dagtemperatuur wat gestyg het tot 49 grade Celsius  word aangedui as die hoogste temperatuur wat nog in ʼn Europese land aangeteken is.

 Die antisikloon, wat gedoop is Lucifer (duiwel), is glo die hoofoorsaak vir die bykans onleefbare hitte en die hitte van die brande daarby gereken maak dit uiters moeilik vir die brandbestryders wat reeds dae lank ʼn moeilike stryd voer om die situasie te beredder.

Die brande word benewens die sterk wind, ook aangehelp weens die droogte toestande wat heers, en brandbestryders het die hoop uitgespreek dat verligting sou aanbreek met reënbuie, wat egter tot hede nie gebeur het nie.