Woolworths wil Checkers teenstaan

Die goeie resultate wat Woolworths die afgelope 12 maande getoon het, is waarskynlik die rede waarom daar ʼn gedagte ontstaan het om die snelle uitbreiding van Checkers te stuit.

Die goeie vertoning in die klere en kruideniers afdelings van die kleinhandel afdelings van Woolworths toon ʼn 9,1% groei in omset tot ʼn totaal van byna R79 miljard.

Die goeie sake dissipline het die maatskappy in staat gestel om ʼn R0.66 uitbetaling per aandeel te doen.

Die groei in omset van 9,7% vir die tydperk van die afgelope 52 weke soos geëindig op 27 Junie vanjaar, wat vergelyk is teenoor die vorige jaar ooreenstemmende tyd, toe n groei van 5,9% bereik is, bied rede tot optimisme.

Woolworths se kleinhandel afdeling bied werk aan sowat 45,000 mense wat meegewerk het dat die toename in digitale aanlyn transaksies ook dramaties verbeter het.

Of daar enige waarheid steek in die bewering dat die internasionale reus in kleinhandel wel van plan is om Checkers se vooruitgang te stuit, sal die tyd leer, maar dit kan ʼn enorme  geveg word, het sake ontleders gesê.