WGO waarsku teen Delta variant

Die hoogs oordraagbare en aansteeklike Covid-19 variant Delta is besig om wêreldwyd te versprei teen ʼn ongekende hoë tempo.

Die uitbreek wat oral ondervind word, is nou ook ʼn nog groter gevaar, sê die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) in sy jongste verslag.

 Die WGO wys daarop dat die pandemie nou ook ernstige afmetings aanneem in Australië, en dat dit ook teen ʼn vinnige tempo in Sjina versprei terwyl daar onduidelikheid is oor watter soorte koronavirus entstof effektief is teen die Delta variant.

Dit is bekend dat die entstof van Johnson & Johnson asook Pfizer effektief is, maar watter van die ander vervaardigde soorte gebruik kan word, is nie oral in die wêreld duidelik nie.

Die Delta variant het skielik tot verskeie streke in Sjina versprei, en waarnemers reken dit kan die hele pandemie tot verdere variante laat ontwikkel, wat die moontlikheid inhou dat die wêreld weereens groot maatreëls sal moet instel as hulle mense se lewens wil beskerm.

Die verspreiding in Sjina is gevaarlik hoog en binne 24 uur is een stad met 200 gevalle geïdentifiseer terwyl daar geen gevalle die vorige dag was nie, en ondersoekers sê ten minste vyf provinsies in Sjina het reeds gevalle van Delta infeksies.

Die meegaande voorstelling wys hoe vinnig Delta versprei teenoor die ander variante.