WGO ontevrede oor derde dosis entstof

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO), ʼn afdeling van die Verenigde Nasies het sy ontevredenheid te kenne gegee teenoor die welgestelde lande wat aanbied dat sy mense ook ʼn derde inspuiting teen die koronavirus kry.

Die hoof van die WGO sê dit is onbillik teenoor die armer lande wat nog geen entstof ontvang het nie, en die derde inspuiting kon veel eerder aan die lande beskikbaar gestel gewees het.

Dit is veral Westerse lande wat dit finansieel kan bekostig, wat nous y inwoners bedien met ʼn derde inspuiting.

Die WGO sê daar is nou regse groeperinge wat die VSA maatskappy Johnson & Johnson daarvan beskuldig dat hulle “entstof apartheid” toepas.

Die woordvoerder sê die derde inspuiting teen die koronavirus is soos om ʼn ekstra lewensredding baadjie vir iemand te gee terwyl die persoon reeds oor een beskik en daar ander is wat nie een het nie en gevolglik sal verdrink.

ʼn Beroep is op welvarende lande gedoen om nie voort te gaan met die praktyk nie, en eerder die entstof beskikbaar te stel aan ander wat nog niks het nie omdat hulle dit nie finansieel kan bekostig nie.