Weste bekommerd oor Iran verrykings aanleg

Die Ministers van Buitelandse Sake uit Frankryk, Duitsland en die Verenigde Koninkryk het skerp gereageer oor die jongste kernkrag verslag van die waghond organisasie van die Verenigde nasies wat bevbrand hou met Iran se kern-program.

Die toenemende vermeerdering van verrykte uraan wat deur Iran geproduseer word, is ʼn oortreding van die ooreenkoms wat voorheen aangegaan is.

Die drie moondhede het in hulle ernstige kommer uitgespreek in ʼn gesamentlike verklaring en sê die optrede is ook ʼn ernstige bedreiging vir wêreldvrede.

Die Internasionale Atoom Energie Agentskap het reeds verlede jaar ernstige kommer uitgespreek oor die optrede van Iran wat “ernstige oortredings” began met sy uraan verryking wat veel meer is as die toegelate hoeveelheid.

Die Agentskap het aangekondig dat Iran se verrykte uraan met 20% toegeneem het wat ʼn geweldige groot vermeerdering is en die land se kapasiteit verhoog is tot sowat 60%,

Volgens die verslag is dit duidelik dat Iran voldoende verrykte uraan produseer om kernwapens te ontwikkel, terwyl die land slegs ʼn klein persentasie behoort te produseer vir aanwending op gewone energie projekte.