Vyfde pandemie tref Iran

Asof dit nie belangrik is nie, het die Internasionale Media tot hede bly swyg oor die geweldige krisis wat heers in Iran wat nou sy vyfde pandemie ervaar.

Nagenoeg 500 mense sterf daagliks in die land weens infeksie van die koronavirus, waarvan die Delta variant glo die ergste is en die meeste slagoffers eis.

Die land beskik oor hospitale wat baie goed toegerus is met alles wat nodig is, maar aktiviste, geneeskundiges, pasiënte en families sê die bewerings wat die owerheid doen, is ver van die waarheid.

Dokters en ander opgeleide werkers sê die gevaar van oorbevolkte strukture is ʼn vreeswekkende situasie wat maak dat duisende mense weier om opgeneem te word in die hospitale.

Die afgelope Maandag het die Minister van Gesondheid aangekondig dat 588 mense die vorige 24 uur tydperk gesterf het en sê 3.3% van die bevolking is reeds ingeënt.

Daar is egter nie ʼn vasgestelde program om die inenting veldtog te bestuur of te versnel nie, en geen betroubare inligting is beskikbaar oor hoeveel nuwe infeksies per dag aangeteken word nie. Die owerheid het egter erken dat die huidige vlaag die vyfde pandemie is.