VSA: Visepresident moet Asië oortuig

Die Amerikaanse Visepresident, Kamala Harris, besoek Singapoer en Vietnam hierdie week met die doel om die toenemende bedreiging van Sjina se invloed te bespreek en die lande te oortuig dat die VSA nie sal optree teenoor hulle soos wat in Afghanistan die geval is nie.

Alliansie vennote van Amerika is diep bekommerd dat hulle in die uur van krisis in die steek gelaat gaan word. Die vennote in Asië is ook bekommerd oor die geweldige invloed wat Sjina het, en die moontlikheid dat die bedreiging wat tans deur Taiwan ervaar word, ook hulle lot kan word as die VSA sy rug draai op die huidige alliansie vennote.

Politieke ontleders beweer dat die visepresident nie opgewasse is om die oortuigingswerk deeglik genoeg te doen in Asië nie, en spreek hulle kommer uit omdat die Minister van Buitelandse Sake en die hoof van die Weermag nie eerder vir Harris vergesel het nie.

Die VSA se alliansie vennote het gekla omdat hulle nie geken is in die sake met president Joe Biden se besluit om al die VSA soldate te onttrek uit Afghanistan nie. Die besluit het tot gevolg gehad dat die Navo lidlande soos Frankryk, Hongarye, Pole en Duitsland, ook hulle magte onttrek het.

Vietnam en Singapoer het hulle kommer uitgespreek en gesê hulle wonder of hulle op die VSA kan staatmaak want die Afghanistan chaos, en wil groter sekerheid kry oor die langtermyn verhouding en beleid van Amerika.

Die Amerikaanse vrou, Kamala Harris, is nou verantwoordelik om vertroue te vestig by die regerings van beide die beswaarde state in Asië, en moet ook die bande met die twee lande versterk.