VSA se langste man oorlede

Die man wat gebore is in die Oos-Europese land Oekraine, wat hom in Amerika gevestig het, was allerweë beskou as die wêreld se langste mens, maar is ten minste die lange=ste persoon gewees in Amerika.

Igor Vovkovinskiy, was 234.5 cm lank (7 voet 8 duim), maar het op die jong ouderdom van 38 jaar gesterf.

Hy het aan ʼn ernstige hartkwaal gely en is in die Rochester Kliniek van die VSDA oorlede op 20 Augustus vanjaar.

Sy ouers woon ook in Amerika, en het op die sosiale netwerk berig van sy afsterwe. Die reus van ʼn man is in ʼn klein dorpie, Bar in die Oekraine gebore, maar is vroeg in sy lewe saam met sy ouers na die VSA waar hy as sewejarige begin het met sy skoolloopbaan.

Sy ouers het na die VSA verhuis weens hulle seun se swak gesondheid, en het gehoop dat hy in die VSA volkome kon genees.

Hy is een van sowat 200 mense met die uitermatig vreemde hart toestand wat bekend is, en was gedurig onder die toesig van dokters, en het as volwassene ʼn TV program aangebied vir ʼn Australiese maatskappy.

Op die ouderdom van 6 jaar was hy reeds byna 2 meter lank.