VSA minister besoek Vietnam

Die Amerikaanse Pentagon woordvoerder het bekendgemaak dat die VSA se Minister van Verdediging besoek bring aan Vietnam, en het ten doel om die goeie verhouding verder te versterk.

Die minister sal ook poog om die bande te versterk maar versoek Vietnam om sy menseregte te verbeter, wat sal bydra tot groter samewerking tussen die twee lande.

Minister Lloyd Austin se besoek het ook geleentheid gegee dat hy die plek besoek waar die voormalige VSA Senator John McCain se vliegtuig neergeskiet is in 1967 naby Hanoi.

Die minister het samesprekings met sy eweknie, en verdere samewerking op militêre en veiligheids terrein is bespreek terwyl die situasie van nasies in die suidoostelike Asië waar Sjina dopgehou moet word, lank en indringend bespreek is. Volgens berigte is dit veral bespreek wat Sjina se moontlike toekomstige skuif in die Suid Sjinese See gebied gaan wees.

Waarnemers wys daarop dat die besoeke van senior diplomate uit die VSA by verskillende alliansie vennote in die Asiatiese omgewing ʼn tydige handeling is om kragte te mobiliseer tot beskerming teen Sjinese handel en moontlike aggressie.