VSA maak nuwe plan in Afghanistan

Die sperdatum van 31 Augustus om mense uit Afghanistan te kry, kom nader, en President Joe Biden het gesê hy sal sorg dat almal betyds uit die oorlog geteisterde land sal kom.

Die VSA het aanvanklik gedink om Afghane na die naby geleë lande soos Suid-Korea en Japan te neem om sodoende meer mense uit Afghanistan te kry.

Die Biden regering het egter nou teen die besluit gegaan en sal nie meer van sy militêre basisse in die twee lande gebruikmaak om vlugtelinge te tydelik te huisves nie,.

Militariste het glo bereken dat dit beter is om nie van die twee lande se ruimte gebruik te maak nie weens “logistieke en geografiese redes.

Die regering van Suid-Korea het positief gereageer toe die VSA sy versoek gerig het, maar het later van besluit verander.

Die Wit Huis het egter nie gereageer op navrae waarom daar afgesien is van die plan, wat die vermoede laat ontstaan dat die twee lande bereid was om ruimte te bied vir die vlugtelinge, maar dat dit tog spanning en ontevredenheid veroorsaak het.