VSA hof beslis teen Biden beleid

Die beleid wat deur Donald Trump as president toegepas het rakende immigrasie, kan nie omgekeer word soos wat die nuwe president, Joe Biden, wou toepas nie.

Die Amerikaanse Hooggeregshof het beslis dat Biden se aansoek nie toegestaan kan word nie, en dit is met koste van die hand gewys.

Trump, die voormalige president, se toepassing van beleid oor immigrante bepaal dat duisende asielsoekers wat na die VSA wou kom, in Meksiko moet bly, en dat die massiewe heining wat opgerig is, nie afgebreek mag word nie.

Die Biden administrasie wou die bepalings omkeer maar is deur die hof se beslissing verhoed om daarmee voort te gaan.

Wat volgens waarnemers merkwaardig is, is die feit dat die Hooggeregshof met drie liberale regters op die bank, ten gunste van Trump se optrede uitspraak gelewer het.