VSA: Filippyne herstel militêre ooreenkoms

Pres. Duterte

Die Filippynse president, Rodrigo Duterte, het sy besluit omgekeer rakende die militêre verhouding wat hy vroeër verbreek het tydens die Trump-regering in 2019.

Die ommekeer kom nadat die Amerikaanse Minister van Verdediging, Llyod Austin, die Filippyne besoek het in die afgelope weke.

President Rodrigo Duterte het daarna die besluit van vroeër omgekeer en die verdedigings pakket van die VSA aanvaar wat ondermeer insluit dat Amerikaanse soldate teenwoordig sal wees in die lande van Suidelike Asië.

Die afwesigheid van die Filippyne in die alliansie onder leiding van die VSA het kommer veroorsaak in die Pentagon, sowel as by die owerheid van Manila, wat reken die VSA se teenwoordigheid bied sekuriteit teen moontlike Sjinese aggressie.

Die ooreenkoms, bekend as die Visiting Forces Agreement (VFA) maak voorsiening dat duisende Amerikaanse troepe op ʼn roterende basis betrokke sal wees om opleiding en oefeninge te bied.

Die ooreenkoms word, volgens waarnemers, moontlik vir die VSA nadat die land sy weermag soldate uit Irak en Afghanistan onttrek het.

Die VSA het ook waargeneem dat die spanning tussen Sjina en die Filippyne aan die opbou is, en was dus genoodsaak om ʼn stewige ooreenkoms aan te gaan met die VSA ten einde sy eie veiligheid te verbeter.