VSA, Europa help derduisende uit Afghan

Berigte wat ontvang word uit verskillende Westerse lande toon dat derduisende inwoners van Afghanistan gehelp word nadat die Taliban die land beset en oorgeneem het as regeerders.

Brittanje slaag daarin om sowat 1,000 mense per dag te gaan haal, en volgens die Minister van Binnelandse Sake sal die reddingswerk nog voortgaan.

Die minister het ook bevestig dat baie van die mense wat uit Afghanistan geneem word, Britse burgers is wat beveilig moet word, maar baie Afghane wat vlug, word ook gehelp.

Onbevestigde berigte lui dat Nederland se poging in Afghanistan onsuksesvol was toe gepoog is om gedurende die nagtelike ure van chaos op die lughawe, dit onmoontlik gemaak het om mense op die vliegtuig te kry.

Die eerste klomp mense wat deur Lufthansa redery se vliegtuig het veilig in Frankfurt, Duitsland aangekom nadat die Duitse vliegtuie ook moeite ondervind het om te land toe honderde mense op die aanloopbaan gewag het om opgelaai te word.

Die VSA is ook deurlopend besig om mense vanaf die lughawe van Kaboel op te laai en terug te neem na Amerika waar die Afghane glo “hervestig” sal word.

Verslaggewers in Afghanistan sê dit is by verre die grootste uittog wat ooit plaasgevind het  van mense wat Afghanistan verlaat.