VSA: Dit is wat skort met onttrekking

Die onttrekking van die Amerikaanse troepe uit Afghanistan word steeds voorblad politiek in die Amerikaanse media, en word direk op Joe Biden se broodjie gesmeer.

Die berigte wat voorbladnuus is, word algemeen as ʼn ramp bestempel vir wat in Afghanistan afgespeel het met die onttrekking van die soldate. Die gebrek aan deeglike beplanning, die tekort aan professionele optrede en die belangrike kommunikasie wat nooit daar gebruik is nie, het van die hele oefening ʼn baie swak beeld gelaat van hoe die VSA dinge doen in ʼn oomblik van spanning en krisisse.

Die VSA departemente weet nie hoeveel Amerikaners daar in Afghanistan is wat teruggehaal moet word nie, en die deurmekaarspul het die chaos van erg tot erger laat word.

Joe Biden het aanvanklik ooreengekom met die Taliban om sy troepe en ander Amerikaanse burgers almal uit die land te kry op 31 Augustus. Toe dit duidelik word dat die teiken datum te gou is, is pogings aangewend om weer met die Taliban te onderhandel vir ʼn latere datum, maar die rebelle leiers het geweier en sê hulle staan by die ooreenkoms wat aanvanklik gemaak het.

Biden het later, om sy verleentheid te verberg, gesê die VSA sal sy mense voor 31 Augustus uit Afghanistan kry.

ʼn Amerikaanse senator het later gesê dit is duidelik dat president Biden nie opgewasse is om Amerika te lei nie.