VSA bevry Afghane wat wil vlug

VSA Pentagon

Die Verenigde State van Amerika sal voortgaan om inwoners van Afghanistan te bevry van Taliban oorheersing en gaan voort om mense na die VSA oor te plaas vir permanente huisvesting.

Dit is veral die vertalers, en tolke wat voorkeur geniet om na die VSA te verhuis, en die Amerikaanse regering stuur vliegtuie om diesulke mense en hulle gesinne te verskuif.

Die Pentagon sê in ʼn verklaring dat hy in die komende weke mense sal bevry uit Afghanistan wat dit verkies om die land te verlaat weens die nuwe politieke bestel.

John Kirby, woordvoerder van die Amerikaanse Pentagon sê die VSA is daartoe verbind om Afghane by te staan wat besluit het om die land te verlaat, en vliegtuie is deurlopend op gereedheid daarvoor.

Meer as 700 mense is die vorige 24 uur uit Afghanistan na die VSA gebring, waarvan 150 Amerikaanse burgers is wat onveilig voel om langer in die land te bly.