Vragskip breek in twee dele

ʼn Panama geregistreerde vragskip het vir chaos gesorg in die noordelike hawe van Japan toe dit in twee geskeur het terwyl olie begin lek het.

Die 21 bemanningslede is ongedeerd en die olie lekke kon spoedig onder beheer gebring word, het die Japanese Kuswag later gesê.

Die woordvoerder het gesê die olie lekke is gou gestop en daar is geen teken dat olie die strande of ander kus gebiede besoedel het nie.

Die 40 duisend ton “Crimson Polaris,” v aartuig het hout Vervoer toe dit begin kraak in die hawe omdat dit ter see nie meer veilig kon vaar nie.

Die skip was onderweg na Thailand toe dit begin het om te kraak, en ʼn oliekol is waargeneem wat 5 km lank gemeet is, maar wat vinnig deur patrollie bote opgemerk is en later bespuit is.

Die vaartuig is beveel om nie te probeer beweeg nie, en word deur ʼn patrollie boot bewaak, wat ook seker gemaak het dat die bemanning op die skip veilig is.