Voormalige Mafia hoof gearresteer

Die voormalige hoof van die berugte Mafia van Italië is deur die polisie van Spanje gearresteer nadat hy voorheen uit ʼn tronk vrygelaat is, en hy deur Interpol gesoek is in Europa.

Die Spaanse polisie en die Italiaanse magte het in ʼn samewerkings projek daarin geslaag om die mees gesoekte misdadiger op te spoor en weer agter tralies te kry.

Domenico Paviglianiti, wat as die voormalige “baas van die base” gesien is in die kringe van die Mafia, is op 60-jarige leeftyd een van die mees gesoekte vlugtelinge in Italië, en met sy arrestasie is vervalste Portugese dokumente en ses selfone gevind, asook meer as $7,000 kontant wat in sy woonplek versteek is.

Domenico Paviglianiti is in die vroeë jare na 1980 lewenslange tronkstraf opgelê maar die straf is later verminder tot 30 jaar, en is in 2019 vrygelaat weens ʼn fout in die bestel, waarna hy Italië verlaat en hom in Spanje gevestig het.