VN waarsku oor Ethiopië voedsel tekort

Die Verenigde Nasies se Sekretaris-Generaal, Antonio Guterres, was in gesprek met die Eerste Minister van Etiopië, Abiy Ahmed, oor die ernstige voedsel tekort wat in die noordelike Tigray streek van die land besig is om te ontwikkel weens die onophoudelike konflik.

Die VN verslag toon dat duisende mense reeds in die nood verkeer en feitlik geen kos het nie, en die nasionale regering beskik nie oor die vermoe om hulp te bied nie.

Die Sekretaris-Generaal het ʼn beroep gedoen op die strydende faksies om kalmte te bring deur te begin met ʼn skietstilstand ooreenkoms. ʼn Beroep is gedoen op die politieke leiers om  met dialoog te begin om sodoende oplossings vir die streek te vind.

Die konflik het egter in die afgelope maande oorgespoel na ander provinsies en het selfs sporadiese aanvalle in buurlande gehad. Honderde duisende mense in die streek gaan in die volgende maande beswyk weens voedsel tekorte, maar die VB hoop dat hulp uit ander lande die krisis sal afweer.

Etlike jare gelede het die regering se weermag met militêre optrede teen die Tigray People Liberation Front begin wat ook ʼn militêre beweging is, en sedert die eerste konflik wat deur regeringsmagte begin is, het die geweld uitgebrei tot ʼn tipiese rebelle oorlog.

Die Front, wat ook as politieke party funksioneer, was ontevrede omdat die regering die verkiesing wat moes plaasvind, vir ʼn onbepaalde tyd uitgestel het, en dit het die volk in die kruitvat geword.