VN betwyfel Taliban beloftes

Die rebelle se leiers het in ʼn TV onderhoud erken dat hy sy benadering ten opsigte van vroue en kinders verander het omdat hyo or die afgelope 20 jaar meer geleer het en gevolglik die foute van die verlede vermy.

Die woordvoerder het gesê dit sal in die toekoms verskil van die vorige bepalings, en vroue sal kan voortgaan met hulle werk en mag studeer, iets wat tydens die vorige “bewind” van twee dekades gelede nie toegelaat is nie.

Hy het ook gesê daar is geen vervolging teen mense wat vir die buitelandse soldate gewerk het en ook nie enige optrede teen vertalers en tolke nie.

Die Verenigde Nasies en Duitsland het egter hulle twyfel oor die beloftes uitgespreek en die Minister van Buitelandse Sake in die Europese Unie het dadelik ʼn dringende noodvergadering belê.

Die Taliban se onderneming om ʼn meer “moderne” benadering in Afghanistan te volg as regeerder, wat vroueregte sal erken, word nie deur die Westerse lande geglo nie.

Nadat die Europese lande, Brittanje en die VSA hulle diplomatieke personeel teruggeneem het en ambassades gesluit het, is duisende inwoners na hulle lande van herkoms geneem weens die plofbare situasie in Afghanistan.

Intussen is verneem dat die VN se vlugteling agentskap steeds aanbly in Afghanistan, en word gehoop dat die werk wat aldaar gedoen is, voortgesit kan word, maar Westerse lande poog om soveel burgers van hulle eie lande, terug te neem.