Vloedramp Fonds: Duitsland spandeer miljarde euro

Die ongekende vloede wat dele van Duitsland ontwrig het, en veral in die Noord Rhyn-Wesfale staat, het nie net finansiële terugslae veroorsaak nie, maar ook die dood van bykans 200 mense.

Premier Armin Laschet het na opnames gedoen is van die skade, gesê dat minstens €13 miljard in sy deelstaat gebied nodig om alles te herstel.

Die vloede is die ergste wat Duitsland nog beleef het in meer as 4 dekades, en die opruiming is van die grootste pogings sedert die Tweede Wêreldoorlog se skade in die deelstaat.

Die premier sê die minste wat nodig is om al die skade in Duitsland te herstel, sal €26 miljard wees, maar dit kan ook meer wees het hy gesê,

Die Federale regering het gesê €30 miljard sal aangewend word in die verskillende deelstate, maar die deelstate sal 50% van die beoogde koste bydra.

Duitsland is bekend daarvoor dat hy sedert die heropbou van die land na die Tweede Wêreldoorlog, voorsiening gemaak het om beskadigde infrastruktuur te herstel tot die vlak wat dit was, en daarmee verseker die land dat daar nie infrastruktuur vervalle raak nie.